Local newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport
Jannas se fantastiese agt in jukskei
Agt leerlinge van skool kry kans om hul staal te wys tydens Wes-Rand proewe.
Agt jukskeispelers van Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) is gekies om aan die Wes-Rand se jukskeiproewe deel te neem.
Die handvol leerlinge en passievolle spelers sal Saterdag 5 September in aksie wees. Hul insluiting kom na goeie vertonings tydens die jukskeiliga in Augustus teen Hoërskool Monument, Rierand, Bastion en Randfontein High School (RHS).
Jannas se ander vier jukskeispanne het ook goed gevaar tydens die liga.
Uitslae:
• o.19B2-gemengdespan: goud
• o.19B1-seuns: brons
• o.16A-dogters: silwer
• o.16A-seuns: silwer
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




