Local sportNewsSchool sportSchoolsSport

Rierand jukskeispelers haal uit en wys

Sewe Rierand jukseispelers is in die Wesrand jukskei span opgeneem.

Op 5 September 2015 het Hoërskool Riebeeckrand se jukskei leerders het aan die Wesrand jukskeiproewe deel geneem en uitstekend gevaar.

Sewe Jukskeispelers is in die Wesrand jukskeispan opgeneem en hulle het hulle eerste wedstryd op 19 September in Boksburg gespeel.

Die leerders is:

• Larisca Stoltz (o.19A)

• Anjalee Oudbier (o.19A)

• Marna Bronkhorst (o.19A)

• Ju-Hanie Wilken (o.16A)

• MC Coetzee (o.16A)

• Sandy Thwala (o.16A)

• Hanno Jordaan (o.19B)

Riebeeckrand het ook weereens ‘n suksesvolle jukskeiseisoen gehad en spog met ses spanne wat liga wenners is.

Die o.19A dogters, o.19 B dogters, o.16A dogters, o.16B dogters, o.16A seuns en O.16 gemengdespan is die ses spanne wat aangewys is as liga wenners. Die o.19A seuns het 3de plek in die liga behaal.

Die o.19 A dogters, o.16A dogters en o.16A seuns het deur gedring na die Direkteurstoernooi wat op 12 September in Boksburg plaasvind het.

Riebeeckrand is baie trots op al hul jukskei leerders en hul uitstekende prestasies. Die uitslae van die toernooi is nog nie bekend nie.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button