NG Middelvlei braai wors en hou groot pret
Behalwe 'n gedans en -sing kon die gemeenskap ook die hondevertonings en waterkaskenades geniet.
Die NG Kerk Middelvlei het die afgelope naweek ‘n heerlike dag van vermaak, worsbraai en pret vir die gemeenskap van Randfontein by Hoërskool Riebeeckrand aangebied.
Ds Edwin van Wyk het die groot dag beplan en daar was vermaak vir jonk en oud. Daar was hondevertonings,en ook waterkaskenades wat die kinders baie geniet het.
Gaskunstenaars vir die dag sluit in Karla van Tonder, Chrismarche en Gert Kitaar.
Een van die hoogtepunte van die dag was beslis die groep Line dancers genoem, Regae Line Dancers, wat saam met Chrismarche opgetree het. Daar was ook ‘n heerlike spitbraai en die vure was aan die brand vir die heerlike worsbraai.
Daar was ook talle stalletjies waar die mooiste goedere te koop was. Die idee van die worsbraai dag was dat die gemeente van NG Middelvlei en die gemeenskap lekker saam kon kuier.
Gert Kitaar (Gert de Beer) het ook solo liedjies gesing en het almal omtrent aan die sing gekry. Hy was daar saam met Ian Batten, wat hulle organisasie, dieAfrican Survivors Foundation (ASF) verteenwoordig het. Daar was ook talle pryse op die spel vir die beste worsbraaier en die manne het hard gebraai om die prys los te slaan.
Christopher Hamberg, een van die kinders wat die waterkaskenades terdeë geniet het sê,
Dit is so lekker hier, dit is warm, die kos is lekker en ons kan die heeldag in die water speel.”
Die name van die wenners is nog nie aan die Herald bekend nie.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!






