Jannas graad 8s wys matrieks ‘n ding of twee
Voormalige leerling by RAM ook as Junior Victrix Lodorum aangewys.
Dit was die nuwe groep graad 8-atlete van Hoërskool Jan Viljoen wat kop en skouers bo die res van die skool uitgestaan het tydens vanjaar se huissportbyeenkoms gehou in Januarie.
Die graad 12s het die sangbeker gewen. Op die dag was dogters en seuns van die skool versier met tutus en gesigverf. Daar was ook ‘n lekker gees in die lug en almal wou graag hê hul graad moes presteer. Al die dirigente was ook volgens ‘n tema aangetrek en veral die seunsdirigente het groot humor gebring toe hulle in hul tutus hardloop.
Volgens die skool is daar vanjaar besluit om eerder as grade teen mekaar te kompeteer as in spanverband.
Herma Bosman, ‘n Jannas graad 8-leerling was op almal se lippe. Die onderhoofdogter van Laerskool Randfontein (Ram) in 2015 was een van die graad se top presteerders op die atletiekveld. Sy was ook verlede jaar gekies vir die Ram-landloopspan.
Uitslae:
• Atletiekwenner: graad 8-span
• Geesbekerwenner: graad 12-span
Junior Victrix and Victor Lodorum:
• Herma Bosman: graad 8
• Kevin Zaayman: graad 9
Senior Victrix and Victor Lodorum:
• Mpho Ndogeni: graad 11
• Ally Sibiya: graad 10
Junior veld- en baankategoriewenners:
• Madeleine Steynberg: graad 8 – veld (dogters)
• Kevin Zaayman: graad 9 – veld (seuns)
• Herma Bosman: graad 8 – baan (dogters)
• Kevin Zaayman: graad 9 – baan (seuns)
Senior veld- en baankategoriewenners:
• Mpho Nodogeni: graad 11 – veld (dogters)
• Vincent de Bruyn: graad 12 – veld (seuns)
• Jade Paula Lisher: graad 10 – baan (dogters)
• Ally Sibiya: graad 10 – baan (seuns)
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.
Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!







