Local newsNews

Wat dié naweek in Randfontein te doen is …

Hier is ‘n paar voorstelle van aktiwiteite wat jy oor ‘n naweek in Randfontein kan doen.

Dit is ‘n naweeksoggend in die middel van die maand en vir by die huis bly is jy definitief nie lus nie.

Die sak is maar ‘n bietjie plat en die kinders is woelig. Jy is ook nie noodwendig lus om te vêr te ry nie. Hier is ‘n paar voorstelle van aktiwiteite wat jy oor ‘n naweek in Randfontein kan doen.

Indien jy ‘n motorfiets besit, neem die kinders na Droogeheuwel se verskeidenheid 4×4-pretbane toe. Daar is van ‘n gevorderde baan wat na die film Jurassic Park vernoem is tot One Wrong Turn wat in die skaduwee van bome is. Bestuurders van 4×4-voertuie kan ook op hierdie baan ry.

Die bane is op Saterdae nie so besig soos op Sondae nie. Toegang is gratis, maar daar is geen mediese personeel aan diens nie.

As jy nie van avontuur-motorsport hou nie, is daar ander aktiwiteite wat jy kan oorweeg.

Leon Hefer, ’n plaaslike blommekunstenaar het verlede maand vir die eerste keer ‘n naweekmark op sy plot aangebied. Die mark het stalletjies wat tuisgemaakte goedere verkoop – van pannekoek en spookasem tot gebreide Minions.

Daar is diere soos skape, hasies, eende en varkies wat die kinders van naderby kan leer ken en voer. Daar is ook ‘n springkasteel en ponieritte. Die mark word Tuinhekkie genoem en word op die hoek van Lazarlaan en Merweweg gehou.

Nog ‘n paar idees vir die naweek en uitstappies saam met die kinders:

• Besoek een van Randfontein se kwekerye. Jy hoef nie noodwendig iets te koop nie. Geniet gerus net die reuk van nat grond en blomme.
• Speel met die diere by die Randfontein DBV.
• Ry fiets om die dorp.
• Geniet ‘n boksgeveg by Randfontein-boksklub
• Besoek die hoofstraat (R28) se pandjieswinkels. Dit is natuurlik wys om nie alleen daar rond te dwaal nie, maar dit is veilig genoeg om die winkels in ‘n groep te besoek.
• Gaan stap om die blok saam met die kinders en honde.

Indien nie een van die voorstelle in jou smaak val nie is daar ‘n paar plekke buite die dorp wat jy kan besoek. Dit verg egter ‘n bietjie meer geld.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button