Alwyn van Tonder, DA-raadslid en Gert Holtzhausen, bekommerde inwoner bespreek die probleem.
Gert Holtzhausen, bekommerde Randpoort-inwoner het hom onlangs tot die Heraldgewend vir hulp nadat hy glo vir die afgelope drie weke sukkel met riool wat in sy erf invloei.
Daar is ‘n mangat in die sypaadjie agter sy woning wat oorloop.
Volgens Gert het hy die probleem by die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit aangemeld, maar geen terugvoering ontvang nie.
“Ek is nie gepla oor die rioolplase se onaangename reuke nie, maar dié situasie is iets anders. Die stank raak nou te erg,” het ‘n moedelose Gert vertel.
DA Wyk 3-raadslid Alwyn van Tonder het onlangs self gaan kyk wat aan die gang is en nadat hy die probleem geïdentifiseer het, het hy dadelik die betrokke departement geskakel.
“Ek het volle vertroue dat Richard Magwanya, bestuurder van Water en Rioolwerke die probleem spoedig sal oplos,” het Alwyn gesê.
Gert Holtzhausen, bekommerde inwoner is ongelukkig oor die rioolstank.
Alwyn van Tonder, DA-raadslid en Gert Holtzhausen, bekommerde inwoner bespreek die probleem.
Gert Holtzhausen, bekommerde inwoner is ongelukkig oor die rioolstank.
Alwyn van Tonder, DA-raadslid en Gert Holtzhausen, bekommerde inwoner bespreek die probleem.
Gert Holtzhausen, bekommerde inwoner is ongelukkig oor die rioolstank.
Alwyn van Tonder, DA-raadslid en Gert Holtzhausen, bekommerde inwoner bespreek die probleem.
Alwyn van Tonder, DA-raadslid en Gert Holtzhausen, bekommerde inwoner bespreek die probleem.
Alwyn van Tonder, DA wyk raadslid by die mangat agter Gert Holtzhausen, bekommerde inwoner se woning.