Ems Nicholson, 65, is vuur en vlam oor die dubbelbetaling van die elektrisiteit-rekeninge wat Randfonteiners deesdae voor moet opdok.
Nicholson sê, “Hoe moet ons leef?”
“Hoe moet ‘n pensionaris, wat hulle taks betaal, nou eweskielik dié kostes dra?”
Sy sê verder dat al die slaggate steeds nie reggemaak is nie en dat dit mense baie geld kos om elke keer nuwe bande te moet koop.
Nicholson voel dat niemand die reg het om ‘n persoon so te verarm nie.
Sina Erasmus, raadslid van wyk 4 het verduidelik die DA simpatiseer saam met alle inwoners.
Sy sê, “Dit is ongelukkig die groeipyne waardeer ons almal nou moet gaan. Daar is opsies beskikbaar vir afbetaling en dat inwoners welkom is om my daaroor te kontak.”
• Navrae: Kontak Erasmus by 084 580 5105.
Lees Ook
Eiendomwaardasie by W’aria-munisipaliteit beskikbaar
Munisipaliteit help met slaggateis



