Local newsNews

Charné is die Da Vinci van hare sny

'Wanneer ek sny, is die adrenalien verslawend. Dis soos 'n skildery; dis 'n kuns om elke haar te bring waar hy moet wees', sê 'n haarkapster wat as finalis in 'n landswye kompetisie aangewys is.

Charné Steenkamp, ‘n plaaslike haarkapster van Classic Street Style Studio het onlangs naam gemaak by ‘n landswye kompetisie.

Die doel van die kompetisie waarin sy presteer het, was om die Hairstylist of the Year aan te wys. Dit word as een van Suid-Afrika se belangrikste kompetisies vir haarkappers beskou.

Charné het aan die seunsafdeling deelgeneem en onder die top vier geëindig.

Charné is gereed vir die uitdaging.
Charné is gereed vir die uitdaging.

“Dit is vir my ‘n baie groot prestasie en voorreg om in my kategorie as ‘n finalis uit duisende ander deelnemers regoor die land gekies te word,” het Charné vertel.

Om aan die kompetisie deel te neem, moes haarkappers ‘n portefeulje van hul werk instuur, met tendense wat hulle vir 2017 voorspel.

“Ek doen dit nie net vir myself nie, maar vir alle haarkappers wat dink hulle is nie goed genoeg nie. Ek wil ook vir mense my passie wys, my kunswerke, my kreatiwiteit.”

Dit is voorwaar ‘n groot prestasie vir Charné aangesien dit haar heel eerste kompetisie in die bedryf is.

“Wanneer ek sny, is die adrenalien verslawend. Dis soos ‘n skildery; dis ‘n kuns om elke haar te bring waar hy moet wees. Niks kan vergelyk word met die geluid van ‘n skêr wat met hare in aanraking kom nie,” het sy gesê.

Charné is gereed vir die uitdaging.
Charné is gereed vir die uitdaging.

In November gaan Charné saam met al die ander finaliste aan die finale rondte van die kompetisie by Gold Reef City se Lyric Theatre deelneem. Daar sal van alle finaliste verwag word om ‘n vertoning van drie minute lank aan te bied wat dansers, modelle en sangers insluit. Sekere van die verhoogpersoonlikhede se hare gaan dan deur die finaliste gestileer word. Daarvolgens gaan die beoordelaars die wenners kies.

“Toe ek my passie gevind het, het ek myself gevind. Ek sal niks anders in my lewe wil doen as dit wat ek nou doen nie. Ek wil iets beteken in mense se lewens; ek wil mense leer en inspireer met my passie. My reis begin hier,” het sy afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button