Local newsNewsUpdate

OPVOLG: Fietsryer praat oor aanranding

Die 22-jarige fietsryer wat na bewering aangerand is deur 'n voetganger wat dronk was, praat met die Herald oor die voorval.

Martin Olckers, 22 wat op Dinsdag, 1 November glo erg deur ‘n voetganger aangerand is, het sy kant van die storie vertel.

Volgens hom het die voorval ongeveer 2nm in Pullingerstraat, Venterspos plaasgevind.

Olckers het vertel dat hy op die spesifieke dag op sy fiets op pad huis toe by ‘n winkel gestop het om ‘n plastieksak te kry om sy selfoon in te sit, siende dat die weer begin opsteek het.

Normaalweg sou Olckers nie die pad deur Venterspos geneem het nie, maar hy het voorheen by ‘n vriend gehoor dat dit die maklikste pad was as die weer opsteek.

In Pullingerstraat het hy 40 kilometer per uur gery toe hy ‘n man langs die pad sien sit het. Toe sien hy die man onverwags opstaan en voor hom probeer inloop.

Olckers het probeer om die man mis te ry, maar toe val hy.

Martin Olckers, 22 herstel nou van die traumatiese insident
Martin Olckers, 22 herstel nou van die traumatiese insident

“Ek het die man gevra wie nou die skade aan my fiets gaan betaal, waarop hy my geklap het. Ek kon nie net daar staan nie en ek en die man het mekaar toegetakel.”

Olckers het verder vertel hoe vyf werkers wat oranje klere aangehad het, hom met klippe gegooi het. “Die klippe was so groot soos ‘n nommer vyf skoen.”

Volgens Olckers was die heel ergste vir hom dat daar ‘n man met ‘n swart broek en wit langmouhemp aan, glo ook by die geveg betrokke geraak het. Die man het hom na bewering ook geslaan, op hom gaan sit en probeer wurg het. Daarna het Olckers sy bewussyn verloor.

Die Herald is tans besig om kommentaar van die Westonaria Polisie af te kry.

Also read:

Second cyclist killed in less than a week

Teenage cyclist run over and killed

Cyclist killed after being hit by SUV

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button