Local newsNews

R’fontein gooi mielies by Boerekarnaval

Lekker kos, opwindende speletjies vir die kinders en om 'n groot treffers deur gaskunstenaars was 'n paar van die hoogtepunte by vanjaar se Boerekarnaval.

Smullekker boerekos en opwindende speletjies vir die kinders was maar ‘n paar van die hoogtepunte by vanjaar se Boerekarnaval wat deur die Lewende Nuwe Generasie Kerk op Saterdag, 29 Oktober aangebied is.

Oud en jonk het die dag terdeë geniet.

Gaskunstenaars wat opgetree het, sluit in Gideon Hunter, Monique West, Cathy-Leigh Ras en Dawie Viljoen. Gideon in sy cowboy-klere was ook die aanbieder.

BOER 2
Karin, Charlotte en Judy van Wyk se kerrie-en-rys was glo tops.

Ds Johan van der Merwe en sy span het baie moeite gedoen om dié dag iets besonders te maak. Daar was ‘n springkasteel vir die kinders, speletjies en die lekkerste boerekos.

Daar was natuurlik pannekoek, kerrie-en-rys, vleis en ‘n baie interessante sushi-tafel, jaffels, burgers en vele meer om aan te smul. Karin van Wyk en haar span wat uit lidmate van die kerk bestaan, het gesê, ”Ons kerrie-en-rys was ‘n wenner!“

Ds. Johan van der Merwe van die Lewende Nuwe Generasie Kerk.
Ds. Johan van der Merwe van die Lewende Nuwe Generasie Kerk.

Behalwe die vermaak en kos was daar ook blomme, groente en die mooiste muurversierings te koop.

Johan het gesê, “Al is dit so warm, is ons Boerekarnaval ‘n groot sukses. Al die geld uit die items, kos en vele meer wat verkoop word, gaan direk vir liefdadigheid. Ons is ‘n kerk van barmhartigheid.”

Thea Farinha, 40, by die Boerekarnaval.
Thea Farinha, 40, by die Boerekarnaval.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button