Local newsNewsUpdate

VIDEO: Vermoorde Poppie in vrede begrawe

Poppie sal vir baie mense die blou-oogprinses bly.

Die driejarige Louisa Cornelia Susanna van der Merwe (beter bekend as Poppie), wat na bewering deur haar stiefpa vermoor is, se begrafnisdiens is vandag (4 November) vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk gehou. Die diens is waargeneem deur ds Yolandi Benadié, wat vir Poppie geken het en haar gedoop het.

Dit was vir die Herald duidelik dat Christo van der Merwe, Poppie se biologiese pa, ‘n gebroke man is. Hy het voor in die kerk oor die bank se rugleuning geleun terwyl hy hardop gehuil en woorde geprewel het.

Die begrafnis was ‘n intieme geleentheid. Poppie se ma, Louisa Koekemoer, het aan die ander kant van die bank by haar seun, Jaco Els en dogter Marlise Els gesit. Omtrent 16 van Van der Merwe se familie en vriende het naby hom gesit en hom probeer kalmeer.

Marlise (halfsuster) het ‘n hartroerende brief vir haar sussie voorgelees.

Tydens die diens was Louisa kalm, maar duidelik getraumatiseer. Toe daar skyfies gewys is van Poppie toe sy kleiner was, kon sy en Van der Merwe nie meer hul trane bedwing nie. Die Herald het opgemerk dat albei Louisa se oë blou was van die kneusplekke.

Die draers was Jaco Els, Poppie se halfbroer; Marlise Els, haar halfsuster; Christo van der Merwe, haar pa; en Johan van der Merwe, haar oupa.

Poppie, 3, who allegedly was murdered by her stepfather. Photo: Facebook
Poppie van der Merwe. Foto: Facebook

Ds Benadié se boodskap het kalmte onder die familie gebring, en daarna het almal in ‘n stoet na die Westonaria Begraafplaas vertrek. By die begraafplaas het emosies hoog geloop. Van der Merwe het ‘n beertjie in die graffie geplaas, en elkeen daar kon vir Poppie vereer deur blomblaartjies in haar graffie te strooi.

Christo van der Merwe, Poppie se pa.
Christo van der Merwe, Poppie se pa.

Poppie van der Merwe wat volgens familie, vriende, die gemeente en baie ander in die gemeenskap ‘n pragtige kind van binne en buite was, is tydens ‘n hartseer, maar baie mooi diens ter ruste gelê. Poppie sal vir baie mense die blou-oogprinses bly.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button