Local newsNews

NG Welsyn R’fontein is Tekkie Tax-wenners

Vanjaar se wenners van die groot Tekkie Tax-fondsinsameling is niemand anders nie as NG Welsyn Randfontein.

NG Welsyn Randfontein is onlangs as die algehele wenner van die Tekkie Tax-fondsinsameling van 2016 in Noordwes en Gauteng aangewys.

Daar word jaarliks op Tekkie Tax-dag landswyd fondse ingesamel vir welsyns- en niewinsgewende organisasies.

Ferdi van Deventer, adviesraadslid vir bemarking en fondsinsameling by NG Welsyn Randfontein het gesê, “Ons is baie trots op hierdie toekenning. Hierdie sukses is slegs moontlik gemaak deur die ondersteuning van die plaaslike NG-gemeentes en eiendomsagentskappe.”

NG Welsyn Randfontein het ook ‘n spesiale woord van dank vir Hoërskool Jan Viljoen, Laerskool Rapportryer, Rappies Pre-Primêr, Laerskool Randfontein, Laerskool Avanté, Laerskool Westgold, Randfontein Primary asook Laerskool Venterspos.

Nasionale Tekkie Tax-dag is al drie jaar lank deel van die Suid-Afrikaanse kalender en dit word weer volgende jaar op Vrydag, 26 Mei gevier.

Die spesiale veldtog gee inwoners jaarliks die geleentheid om self te kies by watter verdienstelike saak hulle hart lê.

NG Welsyn Randfontein nooi die inwoners, vriende en familie om hulle plakkers vir volgende jaar se Nasionale Tekkie Tax-dag te koop en ‘n paar waaghalsige Tekkie Tax-veters te dra om reg te wees vir Nasionale Tekkie Tax Dag 2017.

Lees ook

NG Welsyn R’fontein bederf hulle opndersteuners

NG Welsyn R’fontein beplan glansgeleentheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button