Local newsNews

Sionspoort reg vir hul 15de Kersmark

Vir die afgelope vyftien jaar hou die Hervormde Kerk Sionspoort ’n Kersmark vir die gemeenskap en vanjaar is geen uitsondering nie.

Die opgewondenheid by die Hervormde Kerk Sionspoort loop hoog. Oor net twee weke gaan hulle hul 15de jaarlikse Kersmark vir die gemeenskap aanbied.

Die mark word op Vrydag 25 November van 1nm tot 8nm en Saterdag 26 November van 9vm tot 12 uur die middag op die kerkterrein in Van Deventerstraat 93, Randgate gehou.

Volgens dr Johan van Staden, een van die gemeente se leraars, kan die Kersmark-ondersteuners weereens uitsien na hoëkwaliteit handgemaakte geskenke wat teen baie bekostigbare pryse aangebied gaan word.

“Unieke geskenke vir die hele familie is hier te koop,” het Johan vertel.

Die gemeente hou terselfdertyd ’n basaar met al die tradisionele eetgoed, musiek, baie pret vir die kinders en ook ’n heerlike verrassing of twee. Die gemeente sluit die feesnaweek af met ’n Kerssangdiens op Sondag 27 November om 7nm, waartydens die gewilde Sonja Lochenberg saam met die gemeente se koor en ander kunstenaars gaan optree.

• Navrae: Besoek gerus Sionspoort se Facebook-blad vir meer inligting of skakel 082 464 1547.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button