Local sportNewsSchool sportSchoolsSport

Hou dié atleet van Jannas dop

Alle oë was op Jannas-hoogspringatleet Luhallan van Ben Berg (o.19) tydens 'n interskole-atletiekbyeenkoms teen drie ander skole op eie bodem.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) kan nie op die atletiekveld ligtelik opgeneem word nie – veral nie in die hoogspringafdeling nie want in hul midde is ‘n man met die naam Luhallan van den Berg.

Luhallan van den Berg, Jannas se hoogspring-yster in aksie. Foto: Roxy de Villiers

Luhallan, ‘n o.19-hoogspringatleet het juis tydens ‘n interskole-atletiekbyeenkoms op Vrydag, 10 Februarie uitgeblink. Jannas het die byeenkoms aangebied en was gasheer vir Hoërskool Roodepoort, Jan de Klerk en Grenswag.

Luhallan van den Berg, Jannas se hoogspring-yster in aksie. Foto: Roxy de Villiers

Tydens die byeenkoms het Luhallan die rekord verbeter met ‘n sprong van 1,90m. Hy het so goed gespring dat hy later teruggestaan het toe hy duidelik myle bo sy mede-atlete uitgetroon het ten opsigte van die hoogte wat hy bereik het en van sy tegniek.

Twee dae voor die atletiekbyeenkoms het hy aan die Noordheuwel Top 15-atletiekbyeenkoms by die Universiteit van Johannesburg (UJ) deelgeneem waar hy sy persoonlike beste van 2,08m behaal het.

Luhallan van den Berg, Jannas se hoogspring-yster in aksie. Foto: Roxy de Villiers

Luhallan het reeds sy SA-kleure in hoogspring verwerf en het Vrydag, 13 Januarie ‘n rekord verbeter met ‘n sprong van 1,85m.

Hy is beslis ‘n Jannas-atleet om dop te hou.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button