Local sportNewsSchool sportSchoolsSport

Jannas-hokkie opgekikker met kursus

Jannas-hokkieafrigters touwys gemaak en nuwe strategieë geleer tydens afrigtingskursus.

Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) is nou slaggereed vir enige uitdaging op die hokkieveld nadat hul afrigters ‘n waardevolle kursus bygewoon het.

Basetsana Marumo in aksie op die hokkieveld. Foto: Roxy de Villiers

Dié afrigtingskursus is deur die bekende Reinhardt Blokker aangebied. Reinhardt, wat tans by Hoërskool Noordheuwel betrokke is, rig al sedert 1998 hokkie op verskeie vlakke af.

Hy is ook die hoofafrigter van die o.16 Suid-Gautengse hokkiespan en is besig met sy vlak 3-afrigtingkwalifikasie.

Tydens die kliniek is verskeie tegnieke en vaardighede aangeleer. Hy het die afrigters ook gemotiveer om elke oefening positief aan te pak.

Basetsana Marumo in aksie op die hokkieveld. Foto: Roxy de Villiers

Reinhardt gaan Jannas op Woensdag 22 en Donderdag 23 Februarie besoek en vir die spelers ‘n kliniek aanbied om hul vaardighede te ontwikkel.

“Baie dankie aan Reinhardt wat sy tyd afstaan om Jan Viljoen-hokkie na hoër hoogtes te neem,” het Michelle Myburgh, Jannas se hokkie-organiseerder gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button