NewsSchool sportSchoolsSport

KYK: Rappies Pom Poms verower Junior-titel by Skou

Rappies se Pom Poms het die oë laat rek by vanjaar se Skou. Kyk video hier ...

Laerskool Rapportyer se senior groep Pom Poms kan breëbors rondloop nadat hulle as die Junior-wenners by vanjaar se Randfontein Skou gekroon is. Die skool het ook R5 000 as prysgeld ontvang.

Rappies Juniors dans dat die biesies bewe.

Volgens die skool het hulle twee groepe Pom Poms, naamlik die Juniors – wat uit 38 leerders vanaf Graad 1 tot 4 bestaan en slegs tydens die opening van die kompetisie gedans het – en die Seniors – wat uit 40 leerders van Graad 5 tot 7 bestaan en die titel gewen het.

Rappies Seniors dans vir die eerste plek.

Die wenspan word deur Mario Gomes afgerig. Chantelle Du Bruyn en Chenique Bekke, die skool se Pom Pom-organiseerders was baie trots op die twee groepe.

Rappies Juniors gee hulle alles by die Randfontein skou.

Beide Rappies se groepe Pom Poms beplan talle optredes gedurende die jaar. Almal by Rappies is baie opgewonde en sien baie uit na wat voorlê.

Sien die video hier:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za  of skakel ons by 011 693 3671.

Lees ook: 

Rappies pom-poms maak naam

Rappies se pom-poms stel voorbeeld

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort RecordKrugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button