NewsSchool sportSchoolsSport

Tien Rieranders deel van D2-netbalspan

Riebeeckrand in hul noppies nadat tien netbaldogters in die D2-netbalspan opgeneem is.

Hoërskool Riebeeckrand is in hul noppies nadat 10 van hul netbaldogters in die D2-netbalspan opgeneem is.

Die D2-netbalproewe het op 9 Maart vir die o.15’s en o.17’s en op 14 Maart vir die o.14’s plaasgevind.

Die o.16’s en o.18’s het op 15 Maart proewe gespeel. Die kompetisie was baie straf en altesaam 19 skole het deelgeneem, waaronder Hoërskool Riebeeckrand, Hoërskool Noordheuwel, Hoërskool Monument en Hoërskool Jan Viljoen.

Agter van links: Theresa Becker, Nicola van der Merwe, Mantiki Makayi, Surika Pretorius en Danielle Malan. Middelste ry: Wjanik Beneke , Chanel Engelbrecht en Danielle Olivier. Voor: Devonique Breedt en Megan Engelbrecht

Riebeeckrand spog met 29 netbaldogters wat aan die proewe deelgeneem het, waarvan 10 in die D2-spanne opgeneem is.

Die 10 is: Megan Engelbrecht (o.14), Nicola van der Merwe (o.14), Devonique Breedt (o.14), Theresa Becker (o.15), Wjanik Beneke (o.15), Danielle Olivier (o.16), Mantiki Makayi (o.16), Danielle Malan (o.17), Surika Pretorius (o.17) en Chanel Engelbrecht (o.18).

Hulle het op 20 en 21 Maart by Dr EG Jansen aan die Gauteng-proewe deelgeneem en wag in spanning om te hoor of hulle die provinsiale span gehaal het.

“Riebeeckrand is baie trots op elke dogter wat aan die proewe deelgeneem het. Ons deel in die vreugde van die 10 dogters wat die D2-span gehaal het,” het Elzeri Wright, Riebeeckrand se woordvoerder gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za  (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Roodepoort RecordKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button