MunicipalNews

Westergloor se eie rioolswembad

Opgedamde rioolwater groter as 'n swembad is 'n groot gesondheidsrisiko vir 'n besigheidseienaar en sy werkers in Westergloor.

Tom Dreyer, 42, ‘n bestuurder by ‘n bekende besigheid het die Herald gekontak omdat hy moedeloos is oor die dam rioolwater op hul perseel. Hy werk al ongeveer vier en ‘n half jaar daar.

Dreyer het gesê die dam rioolwater is veroorsaak deurdat die mangat op die perseel op Donderdag, 27 April oorgeborrel het. “Dit duur ongeveer drie tot vier dae voordat die water opgedroog het,” het Dreyer gesê.

Lees ook: Sies! Wat’s dai reuk?

Die rioolwater aan die agterkant van die besigheid, wat nou soos ‘n swembad lyk.

Die munisipaliteit se werkers het sedert verlede Donderdag die pype vier keer gaan ontblok, maar die opgedamde rioolwater wat agterbly, word nie verwyder of skoongemaak nie.

“Die mangat oorstroom minstens een keer elke twee maande. In die begin het dit net gebeur as dit reën maar nou gebeur dit selfs al reën dit nie,” het Dreyer vertel.

Dié probleem het baie slegte nagevolge vir Dreyer se besigheid. Die perseel wat deur die riool besoedel word, is waar die onderneming se werkers elke dag werk, maar as dit deur die riool oorstroom word, kan hul nie werk nie. Die ander probleem is dat dit ‘n baie hoë gesondheidsrisiko vir hom en al sy werkers inhou. In hul bedryf is die werkers se veiligheid ook van kardinale belang, en in dié stadium kan hulle nie die veiligheidstoerusting behoorlik gebruik nie.

Tom Dreyer sit langs die groot poel rioolwater.

Die stank is natuurlik ook om van naar te word, soos die Herald dit self beleef het.

Dreyer het met een van die munisipaliteit se werkers gepraat, wat gesê het dat die probleem ontstaan het weens al die ontwikkelings en al die huise in die area gebou word, en dat die pype wat jare gelede gelê is, nou te klein is om al die riool weg te voer.

“Daar is al versoeke aan die munisipaliteit gerig om die pype met groter pype te vervang, maar hulle het gesê dat daar nie finansies daarvoor is nie,” het ‘n moedelose Dreyer gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button