MunicipalNews

Riool net waar jy kyk by Homelake-huis

KYK: Familie in Homelake se ondraaglike omstandighede weens 'n rioolprobleem.

Die Herald het vanoggend (Dinsdag, 13 Junie) ‘n groot gesin besoek met ‘n nog groter rioolprobleem wat hul lewens ondraaglik maak.

Karel de Jager en sy vrou het drie kinders waarvan een ‘n gestremdheid het en ‘n seuntjie hartprobleme het. Die gesin woon in Angelierstraat. Sommer met die intrapslag was dit duidelik dat hierdie gesin met ‘n massiewe gesondheidsrisiko te kampe het.

Nadat die probleem Sondag, 4 Junie kop uitgesteek het, was munisipale werkers volgens die gesin een keer daar, maar die probleem lê glo dieper as net swak dreinering. Die inwoners is van mening dat die hoofpyp wat van ‘n hoërskool se kant af kom, verstop is of dat die pyp te nou is.

Die rioolprobleem is besig om die gesin en hul bure se lewens ondraaglik te maak.

Matium van Vuuren, voorsitter van die AfriForum Randfontein-tak, was ook by die woning en het saamgestem dat die situasie nie onopgelos kan bly nie.

Ann Bezuidenhout, De Jager se buurvrou, het gesê, ” Ek gebruik skaars die badkamer. Die omstandighede is verskriklik – my kinders en kleinkinders ly daaronder.”

Lees ook: Help! Daar’s ‘n rioolfontein voor my huis!

Van Vuuren het alles in sy vermoë gedoen om met die betrokkenes by die munisipaliteit te praat en te versoek dat hulle self gaan kyk hoe groot die probleem is, maar sonder sukses.

Die Herald het ook die munisipaliteit genader maar teen druktyd nog nie kommentaar ontvang nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button