AJ Boerdery, ‘n groot sukses
AJ Boerdery sal hopelik eendag deur die eienaar, Alex Wray se seun oorgeneem word.
AJ Boerdery by Randridge-plotte fokus op beeste en skape, maar die eienaar, Alex Wray, se passie is beeste.
AJ Boerdery word op drie hektaar grond bedryf en daar is ongeveer 400 beeste, waaronder speenkalwers en gemengde vleisrasse.

Wat vleisbeeste betref begin die siklus wanneer ligter kalwers – 150 tot 180kg – by boere in die omgewing gekoop word. Hulle word op veldweiding met byvoeding gehou totdat hulle groot genoeg is om as speenkalwers voerkraal toe te gaan.
Lees ook: Boere is keelvol vir veediewe
Speenkalwers weeg tussen 200 en 240kg, en word 120 dae lank in die voerkrale vetgemaak. Wanneer hulle ongeveer 460kg bereik, is hulle gereed vir die slaghuismark met ‘n gradering van A2 of A3.
“Die A-gradering dui op die hoeveelheid vet aan die vleis. A1 is maer en A6 is baie vet, maar die mark verkies A2- en A3-graad vleis,” het Alex gesê.
Lees die volledige berig oor wat die beeste eet, markpryse en kenmerke van die Simbra-kruising in die 30 Junie-uitgawe van die Herald.
AJ Boerdery kan gekontak word by 082 510 6018 of 074 742 8501 of e-pos ajboerdery@lantic.net.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



