Vir hierdie week se #MunisipaleMaandag het die Herald twee stormwaterdreine in Randgate gaan inspekteer. Dié dreine in Van Deventerstraat is ‘n probleem, veral vir die bejaardes wat in die omgewing woon.
DA-raadslid Sina Erasmus het bevestig dat die twee dreine al meer as 10 jaar lank beskadig is. Dit is glo op die IDP-lys.

“Ek het dit al menigmaal by die munisipaliteit aangemeld. Die bejaardes in die Randpoorttuiste meld dit ook gereeld aan,” het Sina gesê. Sy het vertel dat bejaardes elke dag daar verbystap vir oefening en dat sy die dag vrees dat een van hulle in ‘n dreine val.
Die Herald het self gesien hoe ‘n bejaarde vrou wat by die drein verbygestap het, haar misgis het en amper daarin geval het.
“Dit is ‘n groot bekommernis want dit is boonop verstop,” het Grieta Greyling gesê. Dit is ook ‘n groot kopsorg in die reënseisoen. Wanneer dit reën, het sy vertel, vloei die water soos ‘n rivier in die pad af. Grieta is al vies vir die munisipaliteit wat so lank sloer.
“Ek voel die munisipaliteit moet die probleem kom regstel voor dit ernstige gevolge het,” het Sina gesê.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



