MunicipalNews

Vrot paaie ‘n nagmerrie in Pelzvale

Slaggate en slote in die meerderheid van die Pelzvale-plotte se paaie is ’n groot probleem vir die gemeenskap.

Inwoners en besigheidseienaars van die plotte in Pelzvale moet daagliks op paaie ry wat in ‘n haglike toestand is. Dit veroorsaak boonop baie skade aan hul voertuie.

Slaggate en slote in die meerderheid van die plotte se paaie is ’n groot probleem vir die gemeenskap.

Volgens Johan van Wyk, eienaar van Buffalo Ranch Lodge, ly sy besigheid asook ander besighede in dié omgewing, soos die Mi Casa-trouplek, as gevolg daarvan, want kliënte kan nie met hul voertuie by hul besighede uitkom nie.

Die slaggate is egter nie die enigste probleem met die paaie in dié omgewing nie. Daar loop ook ‘n stroom vars water in die paaie af. Foto: Jcco-Mari Futcher

“Pelzvale het nie regtig meer paaie nie en hoewel dit aan die munisipaliteit gerapporteer is, word daar niks daaraan gedoen nie. Ons as gemeenskap wou op ons eie onkoste die slaggate vul en een straat heel skraap, maar die munisipaliteit het ons gewaarsku dat dit vernietiging van staatseiendom is,” het Van Wyk gesê.

Lees ook: Pelzale Community Police Forum raise funds

Amanda Willemse, wat ‘n lid is van die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in dié area, het gesê dat die slegte paaie hulle verhoed om die area te patrolleer en om verdagtes agterna te sit.

“Ons bakkies waarmee ons patrollie ry kry baie skade. Die paaie is te sleg om vinnig te ry, maar ons probeer steeds ons werk doen,” het sy gesê.

Mense bel gereeld die GPF om hulle uit die modder te trek. Foto: Jaco-Mari Futcher

Amanda en haar man besit ook Donzo Electrical en die teerpad voor hul perseel is so sleg dat dit slegs met ’n 4×4-voertuig begaanbaar is. Volgens haar woon daar baie bejaardes op die plotte en hulle kan nie noodwendig voertuie bekostig wat veilig op dié paaie kan ry nie.

Die slaggate is egter nie die enigste probleem met die paaie in dié omgewing nie.

“Vir die 23 jaar wat ek op hierdie plotte woon, loop ’n stroom vars water wat van ’n fontein af kom, in die pad af. Een van die inwoners het vir agt jaar die water agter die plotte verby gelei. Vandat hy getrek het, loop die water weer in die pad en dit verniel die paaie net verder. Mense bel gereeld die GPF om hulle uit die modder te trek. Ek dink die munisipaliteit kan dié water benut en na plekke herlei wat ’n watertekort het, want dit is skoon water wat mens kan drink,” het Amanda gesê.

Johan het gesê hy hoop dat die munisipaliteit vir die inwoners en besigheidseienaars van Pelzvale antwoorde kan gee, want hulle kan nie langer so leef nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button