NewsSchools

Ram se 2019 Graad 1’s verwelkom

Op Dinsdag, 8 Januarie het Laerskool Randfontein se nuwe Graad 1’s hul Ram-paspoorte gekry en volwaardige Rammies geword.

Die grootskool is ‘n groot aanpassing vir enige Graad 1’tjie, daarom het Laerskool Randfontein (Ram) op Dinsdag, 8 Januarie hul nuwe Graad 1’s tydens ‘n spesiale seremonie verwelkom.

Volgens Annie Nolan, Ram-woordvoerder het hulle vanjaar 205 Graad 1’s by Ram verwelkom. Daar is ses Graad 1-klasse.

Jaydin van Aswegen.

“Ons het ‘n dag voor die skool begin die nuwe Graad 1’s en hul ouers genooi om die skool en onderwysers te leer ken sodat die eerste amptelike skooldag nie so ‘n groot skok is nie en hulle nie deur die teenwoordigheid van die ouer kinders geïntimideer word nie.

Tydens die verwelkomingseremonie het al die nuwe leerders hul vingerafdrukke op hul Ram-paspoort gedruk, elkeen het ‘n atletiekhempie gekry en die hoof het elkeen persoonlik met die hand gegroet,” het Annie gesê.

Daarna het die leerders onderdeur ‘n boog van geel en groen ballonne geloop.

Jenessa Bouwer.

“Dit beteken hulle is nou volwaardige Rammies. Hulle sal aan die einde van hul Graad 7-jaar weer onderdeur die boog stap wanneer hulle van die skool afskeid neem.”

Daarna het die leerders na hul nuwe klasse gegaan waar hulle ‘n bietjie geleer het voordat hulle pouse gehou het.

Volgens Leon Haupt, Ram-skoolhoof was hulle baie opgewonde om die groot groep leerders by die skool te verwelkom.

“Deesdae is Graad 1 nie meer so ‘n groot aanpassing vir leerders soos in die verlede nie juis omdat so baie van hulle in Graad R was. Dié groep Graad 1’s is gereed vir die skooljaar en ons hoop hulle gaan baie gelukkig in die skool wees,” het hy gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes 

Roodepoort Record

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button