Nes die laerskole en hoërskole se leerders het baie kleuters ook vanjaar vir die eerste keer skool aangedurf.
Chevonne Buitendag, eienaar van Little Angels Dagsorgsentrum het die nuwe kleuters by die skool verwelkom en sy was opgewonde om soveel bekende gesigte te sien wat na die lang Desembervakansie weer terug by die skool was.

“Ons het Woensdag 9 Januarie weer volstoom begin. Die kleuters was almal vreeslik bly om terug by die skool te wees en veral om hul maats en hul juffrouens weer te sien,” het sy gesê.
Hulle het die jaar met ‘n spesiale gebed begin wat sy graag met die gemeenskap en die kinders van R’fontein wou deel.

“Ons het gebid vir wyse keuses (Spreuke 1: 3), guns (Lukas 2:40), beskerming (Psalm 91:1-2), vir geleenthede om ander lief te hê (Filippense 2: 3-4) en vir oop kommunikasie (1 Tessalonisense 5:11).”
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at randfonteinherald@caxton.co.za (please remember to include your contact details in the email) or phone us on 011 693 3671.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!



