Hoërskool Riebeeckrand se Graad 8-leerders het op Dinsdag, 8 Januarie, hul hoërskoolloopbaan met ‘n pretdag afgeskop.
Hulle het van vroegoggend af saam met die Seniorraad gekuier en die skoolgronde leer ken.
“Hulle het op glybane baljaar en hul gate uit geniet met die onderskeie boeresportsoorte. Die Graad 8’s het ook die skoolgronde verken sodat hulle hul amptelike eerste dag van skool op hul gemak kon aandurf,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder gesê.

Vanjaar se Graad 8’s is reeds deel van die Riebeeckrand-familie en sien uit na die opwindende jaar wat vir hulle voorlê. Hulle is tans hard aan die oefen vir hul groentjiekonsert wat op 23 en 24 Januarie gaan plaasvind.
“Dit is lekker om ons leerders gelukkig te sien, veral ons Graad 8’s, aangesien hoërskool ‘n vreemde omgewing vir hulle kan wees. Dit is wonderlik dat hulle so gou aanpas, hul voete vind en ‘n eenheid saam met die res van Riebeeckrand vorm,” het Elzeri gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (onthou asseblief om jou kontak besonderhede by te voeg) of skakel ons by 011 693 3671.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Roodepoort Record
Krugersdorp News
Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!



