Local newsNews

#LeesOmdat: Rappies vertel van hul leesliefde

KYK: Vyf leerders van Laerskool Rapportryer sê hoekom hulle lees.

Met die oog op Nasionale Boekweek in September het Laerskool Rapportryer vir die Herald vertel hoekom hulle lees.

WAAROOR GAAN DIT?

Vanjaar is dit reeds ‘n dekade lank dat Nasionale Boekweek (NBW) die leeskultuur in Suid-Afrika beïnvloed. Die NBW is van 2 tot 8 September, met die SA Book Fair wat van 6 tot 8 September by Constitution Hill gehou word.

Die viering val saam met Internasionale Geletterdheidsdag op 8 September, en sluit 10 leesfeeste vir inheemse tale in wat in afgeleë gebiede regoor die land gehou gaan word om UNESCO se Internasionale Jaar van Inheemse Tale te herdenk. Die doel van Nasionale Boekweek is om mense aan te moedig om te lees en boeke te bevorder.

Christo Collins.

‘n Studie deur die Suid-Afrikaanse Boekontwikkelingsraad (SABDC) het getoon dat net 14 persent van alle Suid-Afrikaners aktief lees, en dat 58 van al die huishoudings nie eers een boek met ontspanningsleesstof by die huis het nie.

‘n Onlangse huishoudingsopname deur Statistieke SA het aan die lig gebring dat die meeste ouers nooit gehaltetyd afstaan om vroeë kinderontwikkeling te stimuleer en te bevorder nie.

Himone van Heerden.

Die opname het ook getoon dat ‘n derde van alle ouers nog nooit stories vertel het nie, en dat nagenoeg die helfte nog nooit ‘n boek saam met hul kinders gelees het nie. Caxton Local Media, onder die vaandel van Caxton Cares, is vanjaar by die veldtog betrokke en ondersoek maniere om die gaping in leerders se toegang tot leesstof te oorbrug.

Bly op hoogte van die veldtog deur #WeRead #ReadBecause #CaxtonCares #BuyABook te volg.

Imke Visser.
Marlo Jordaan.

Related Articles

 
Back to top button