CrimeNews

Vrou met mes gedreig en beroof

'n Vrou is by 'n verkeerslig in die middedorp met 'n mes gedreig en beroof.

‘n Doodnormale besoek aan ‘n kliënt op Dinsdag, 8 Oktober het in ‘n nagmerrie ontaard vir Sarie (skuilnaam).

Volgens Sarie het sy omstreeks 10.45vm by ‘n verkeerslig in die middedorp stilgehou. “Ek was op pad om ‘n kliënt by ‘n besigheid in die dorp te sien toe ek aangeval is. Ek het by die verkeerslig gestop en in my regterspieëltjie gesien hoe ‘n man, wat verdag voorgekom het, nader stap. Hy het ‘n groen voorwerp wat soos ‘n tennisbal gelyk het, in sy hand gehad.

Lees ook:

Woman escapes hijacking in CBD

“Ek het die knop gedruk wat al my deure sluit maar toe die man die groen voorwerp teen my kar se deur slaan, is alles oopgesluit. Vier mans het my deure tegelyk oopgemaak.

“Die een wat my kar met die voorwerp oopgemaak het, het dadelik ‘n mes teen my keel gedruk.” Die man het vir haar gesê dat hulle net gou haar kar gaan skoonmaak, en het die mes teen haar keel gehou.

“Die man langs my het intussen alles uit die paneelkissie gegooi en iets gevat, maar ek kan nie onthou wat dit was nie. Die twee mans agter het toe die kattebak oopgemaak en deursoek, maar daar was niks om te vat nie.

“Toe hulle klaar my kar deursoek het, het die man met die mes probeer om die kar se sleutel uit te ruk, maar hy kon dit nie regkry nie. Hy het toe my handsak gegryp met onder andere my foon, beursie, ID-boekie, rybewys en ander belangrike dokumentasie daarin.

“Toe die verkeerslig groen slaan, het ek weggetrek voordat hy enigiets anders kon vat. Ek is dadelik bank toe om my kaarte te laat stop. Daarna is ek polisiestasie toe om ‘n saak oop te maak. Ek was deurmekaar en geskok.”

Die Woensdag na die insident het vier mense wat haar ken boodskappe na haar gesteelde selfoon toe gestuur. Elkeen het ‘n antwoord in ‘n ander taal ontvang. Hulle kon dit wel vertaal en het dit gelees ,”Keep an eye on her”.

“Ek is nie bekommerd oor die boodskap nie want dit klink soos ‘n bangmaakstorie.”

Volgens Sarie ry sy van nou af met ‘n skokstok in haar kar rond.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button