CrimeNews

Homelake-moord in 2019 nog onopgelos: Beloning uitgereik

Familie bied ‘n beloning van R40 000 aan vir enigiemand wat inligting het wat moontlik tot die arrestasie en uiteindelike skuldigbevinding van die moordenaar(s) van Jaco Billy Jooste kan lei.

Familie is desperaat vir antwoorde en bied ‘n beloning van R40 000 aan vir enigiemand wat inligting het wat moontlik tot die arrestasie en uiteindelike skuldigbevinding van die moordenaar(s) van Jaco Billy Jooste kan lei.

Jooste se liggaam is op 30 Maart in Linda Court in Fredalaan met ‘n skietwond aan die onderlyf aangetref. Hy was 48 jaar oud toe hy vermoor is en die saak is deur die Randfontein Polisie ondersoek.

Lees oorspronklike storie hier:

Homelake-moord: Man geïdentifiseer

 

Jooste was ‘n baie bekende gesig in Randfontein en sy dood was vir die hele gemeenskap ‘n groot skok. Volgens Duwayne Jooste, Jaco se broer, lê hy en sy vrou, Leana nagte wakker en wonder wat op daardie noodlottige aand gebeur het.

Jooste was ook een van twee mense wat daardie naweek vermoor is. Volgens die polisie is ‘n ander man se liggaam op Vrydag, 29 Maart in ‘n oop stuk veld agter die Randfontein-stortingsterrein gevind.

Lees ‘n eksklusiewe onderhoud met die familie asook wat die polisie te sê het in hierdie week se Herald.

Enigiemand met inligting in verband met die moord op Jaco Billy Jooste kan vir Duwayne by 073 790 0346 of vir Morne by 082 486 4238 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button