‘n Kragonderbreking wat ‘n groot gedeelte van Randfontein en Westonaria op Maandag, 2 Augustus geaffekteer het is moontlik die gevolg van vandalisme. Die Glenharvie-substasie is ook gevandaliseer, maar dit hou nie met dié kragonderbreking verband nie.
Besturende Direkteur van EPR, Johan Booysen gesê dat Maandag se kragonderbreking veroorsaak is deur ‘n fout op ‘n Eskom-kraglyn tussen Randfontein en Krugersdorp.

“Eskom het die krag tydelik oorgeskakel sodat dit van die substasie naby ‘n industriële maatskappy voorsien kon word terwyl hulle die fout gesoek het.”
Hy het vertel dat die kragonderbreking omstreeks 17:00 begin het en teen 19:00 tydelik herstel is. Teen Dinsdagmiddag sou dit ten volle herstel wees.
Wat die Glenharvie-substasie betref het Booysen vertel dat dit teen ongeveer 22:30 op Maandag, 2 Augustus gevandaliseer is en dat dit minstens vier weke of langer sal duur om die skade te herstel. Dit gebiede wat geraak word sluit in Borwa, Hillshaven, Wagterskop en Glenharvie in Westonaria.

“Eskom probeer tans om die krag in Westonaria tydelik te herstel.”
Hy het gewaarsku dat daar ook watertekorte gaan wees omdat die elektriese pompe by die Wagterkop-reservoir beïnvloed gaan word.



