Franco Tiedt ontvang die trofee vir die Beste Eerstespan-agterspeler by Willem van Loggerenberg. Foto: Michelle Roodt.
Greenhills — Randfontein Rugbyklub het 2021 op 'n hoë noot afgesluit met 'n gesellige prysuitdeling en jaareindfunksie wat op Vrydag, 10 Desember by die klub gehou is.
Die funksie het begin deur erkenning te gee aan al die spelers en spanne wat deur die jaar presteer het.
Na die prysuitdeling het die spelers, afrigters en gaste lekker geëet en gesels.
Die volgende toekennings is gedoen:
• Span wat die beste presteer het – o.20's
• Sportmangees (junior) – Waldo Horn
• Sportmangees (senior) – Ewald Oberholzer
• Mees verdienstelike lid – Michael Grobler
• Meeste inisiatief – Frik Viviers
Beste spelers:
o.20's:
• Voorspeler: Wian Wray
• Agterspeler: Dylan Viviers
Tweedespan:
Voorspeler: Trevor Chauke
Agterspeler: Divan van Vollenstee
Eerstespan:
Voorspeler: Christoff Kleyn
Agterspeler: Donavan Jonker en Franco Tiedt
• Beste vordering (junior) – Azile Gqolada
• Beste vordering (seniors) – Lenton Jamani en Mpho Tjale
• Afrigters van die Jaar (juniors) – o.20's
• Afrigters van die jaar (seniors) – Eerste- en tweedespan
• Beste spanbestuurder – Frik Viviers
• Spesiale toekenning (Seniorburger) – Theo Calitz
• Sportman van die Jaar (junior) – Coenie van Wyk
• Sportman van die Jaar (senior) – Eben Vorster
• Mees verdienstelike span – o.20's
• Spelers se Speler van die Jaar 2021 – Christoff Kleyn
• Mees invloedryke speler – Manny Rodriguez
Ewald Oberholzer ontvang die toekenning vir die Beste Sportmangees (senior). By hom is Frik Viviers. Foto: Michelle Roodt.
Mpho Tjale ontvang die trofee vir beste vordering by die seniors by Jannie van Loggerenberg. Foto: Michelle Roodt.
Die o.20's is aangewys as die mees verdienstelike span. Foto: Michelle Roodt.
Wian Wray ontvang die trofee vir die beste o.20-voorspeler by Jannie van Loggerenberg. Foto: Michelle Roodt.
Jan Kleyn, Ockert Esterhuizen, Frik Viviers en Hennie van Eck is aangewys as Afrigters van die Jaar vir die juniors (o.20 span). Foto: Michelle Roodt.
Manny Rodriguez is aangewys as die Mees Invloedryke Speler. By hom is Hennie van Eck. Foto: Michelle Roodt.
Eben Vorster ontvang die trofee as Sportman van die Jaar by die seniors by Lesley Koekemoer. Foto: Michelle Roodt.
Dylan Viviers ontvang die trofee vir die beste o.20-agterspeler by Hennie van Eck. Foto: Michelle Roodt.
Divan van Vollenstee ontvang die trofee vir die Beste Tweedespan-agterspeler by Ockert Esterhuizen. Foto: Michelle Roodt.
Theo Calitz ontvang die Spesiale Toekenning Senior Burger by Jannie van Loggerenberg. Foto: Michelle Roodt.
Waldo Horn ontvang die toekenning vir die Beste Sportmangees (junior). By hom is Ockert Esterhuizen. Foto: Michelle Roodt.
Lulu Kleyn ontvang blomme by Johan Cronje vir al haar harde werk deur die jaar. Foto: Michelle Roodt.
Trevor Chauke ontvang die trofee vir die Beste Tweedespan-voorspeler by Jan Kleyn. Foto: Michelle Roodt.
Willem van Loggerenberg oorhandig die trofee vir Meeste Inisiatief aan Frik Viviers. Foto: Michelle Roodt.
Frik Viviers kry die trofee vir Beste Spanbestuurder by Hennie van Eck. Foto: Michelle Roodt.
Azile Gqolada ontvang die trofee vir beste vordering by die juniors by Frik Viviers. Foto: Michelle Roodt.
Christoff Kleyn ontvang die trofee as die Spelers se Speler van die Jaar 2021 by Frik Viviers. Foto: Michelle Roodt.
Lenton Jamani ontvang die trofee vir beste vordering by die seniors by Jannie van Loggerenberg. Foto: Michelle Roodt.
Lesley Koekemoer (regs) oorhanding die trofee vir die Mees Verdienstelike Lid aan Michael Grobler. Foto: Michelle Roodt.
Lesley Koekemoer (Tweedespan-afrigter) , Willem van Loggerenberg, Jannie van Loggerenberg, Hennie van Eck (Eerstespan-afrigters) en Johan Cronje is aangewys as Afrigters van die Jaar vir die seniors (Eerstes en Tweedes). Foto: Michelle Roodt.
Die o.20's is aangewys as die span wat die beste presteer het. Foto: Michelle Roodt.
Christoff Kleyn ontvang die trofee vir die Beste Eerstespan-voorspeler by Lesley Koekemoer. Foto: Michelle Roodt.
Coenie van Wyk ontvang die trofee as Sportman van die Jaar by die juniors by Willem van Loggerenberg. Foto: Michelle Roodt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!