Local sportNewsSchoolsSport
Rappies hou hul jaarlikse huissport
Laerskool Rapportryer se atlete was gretig om hul talente te wys tydens die skool se jaarlikse huissportbyeenkoms op 19 Januarie.
Talle leerders van Rappies het hul atletiekseisoen afgeskop deur aan verskeie items tydens hul jaarlikse huissportbyeenkoms op Woensdag, 19 Januarie deel te neem.

Voordat die reën die byeenkoms in die wiele kon ry is ‘n paar items soos gewigstoot, vêrspring en hoogspring gelukkig reeds afgehandel.

Die leerders het alles terdeë geniet en daar is ook geesgevang op die pawiljoene.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



