Local newsNewsUpdate

Kendra-fondsinsameling: Die Toyota 86 GT-modelmotor kry ‘n baas

Baie geluk aan Fred van Niekerk wat gekies is as die gelukkige wenner van die splinternuwe rooi Toyota 86 GT-modelmotor in die Herald se lootjie-fondsinsameling vir Kendra Harmse.

Die Herald se lootjie-fondsinsameling vir Kendra Harmse – die sesjarige dogtertjie wat aan ‘n seldsame veltoestand ly – het tot ‘n suksesvolle einde gekom.

Kendra se ma Jana het vertel dat haar dogter gebore is met Giant nevus – ‘n veltoestand wat gekenmerk word deur ‘n donker vlek met abnomale haargroei. Dié nevus is op Kendra se gesig en sy het al vier operasies ondergaan waartydens die nevus verwyder is en vel oorgeplant is. Jana wil graag geld insamel sodat Kendra plastiese chirurgie kan ondergaan sodat sy kan voel dat sy net soos ander kinders is.

Die volle opbrengs van die Herald se lootjieverkope sal aan Kendra geskenk word om te help om die nodige mediese kostes te dek.

‘n Anonieme inwoner het die prys geskenk – ‘n splinternuwe rooi Toyota 86 GT-modelmotor. Dié modelmotor word tans vir ongeveer R2 500 verkoop en is sterk in aanvraag.

Op Dinsdag, 1 Maart het Jana die Herald besoek om die wenlootjie te trek. Die name van die deelnemers is vooraf op gevoude papiertjies geskryf en in ‘n geskenksak geplaas, waaruit Jana toe Fred van Niekerk se naam getrek het.

Baie geluk Fred, ons hoop jy geniet jou modelmotor; en dankie dat jy besluit het om vir Kendra te ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button