Local newsNews

Handvol vroue gebruik hul brei- en hekel-talente om dorp te help

'Ons is 'n groep dames wat probeer om die gemeenskap te help, veral in die winter wat op pad is.'

Daar is ‘n groep vroue in Randfontein wat besluit het om hul brei- en hekeltalente te gebruik om die dorp te help.

Die groep bestaan al vir die afgelope nege jaar maar weens die pandemie kon hulle eers weer vanjaar hul brei- en hekelnaalde gebruik vir hul goeie werk.

Een van die lede, Maritsa Nel het vertel dat hulle saam hekel en brei – onder andere truie, sokkies en mussies –wat hulle vir die NG Gemeente Randfontein-Noord skenk vir liefdadigheidswerk.

Die dames geniet hul brei- en hekelbyeenkomste verskriklik. Foto: Michelle Roodt.

Hulle koop tans die wol wat hulle gebruik uit hul eie sakke, en vra nou die gemeenskap om vir hulle wol te skenk om die onderskeie items te maak. Hulle sal die hulp opreg waardeer.

Die dames het vertel dat hierdie samekoms die hoogtepunt van hul week is omdat hulle kan kuier en terselfdertyd ‘n verskil in mense se lewens maak.

Ons probeer om die gemeenskap te help, veral in die winter wat op pad is,” het Maritsa vertel.

Die dames vergader by die NG Kerk Randfontein-Noord op Dinsdae-oggende en enige iemand wat wil aansluit is meer as welkom om vir Lynne te kontak by 083 442 5577.

Sommige van die items wat reeds voltooi is. Foto: Michelle Roodt.
Jeanette van Wyk besig om te brei. Foto: Michelle Roodt.
Janet Walstra brei lekker. Foto: Michelle Roodt.
Cynthia Hamann is die oudste lid en word binnekort 88. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button