Local newsNews

Haar kuns word haar besigheid

Colleen Jacobs, 66, het onlangs die mooiste potplanthouers in verskeie kleure begin maak wat enig in hul soort is.

‘n Inwoner van Randfontein het haar passie vir kuns verander in ‘n unieke besigheid.

Colleen Jacobs, 66, het onlangs die mooiste potplanthouers in verskeie kleure begin maak wat enig in hul soort is.

Sy het vertel dat sy nog altyd kunstig was en na haar man se dood alles opgepak en begin het om hierdie unieke potplanthouers te maak.

My eerste lot was nie suksesvol nie want jy leer nog. Hulle was nie so stewig en weerbestand nie, maar ek het geëksperimenteer en na video’s gekyk, en so het ek aangegaan,” het Colleen vertel.

Sy gebruik materiaal en sement om die houers te maak, wat sy dan oor iets plaas om vorm daaraan te gee. Daarna gebruik sy binne- en buiteverf om hulle mooi te maak. Vir sommiges gebruik sy die pragtigste doilies.

Colleen het vertel dat dit omtrent ‘n week vat om die potte te maak. Hulle is stewig en weerbestand, en sy het self reeds plante in ‘n paar geplant. Dit kan in die huis gebruik word vir blommerangskikkings, of as binne- of buitehuise potplanthouers.

Om ‘n bestelling by Colleen te plaas, skakel haar gerus by 072 211 2819.

Daar is ‘n groot verskeidenheid houers in die mooiste kleure om van te kies. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button