Mej Randfontein 2021 besef haar verantwoordelikhede
Met die titel agter haar naam is dit vir haar soveel makliker om groter geleenthede vir Randfontein te skep.
Een Randfonteiner is baie opgewonde om ‘n groot mylpaal te kon bereik.
Die beeldskone Judy van Wyk, 18, is onlangs gekroon as Mej Randfontein 2021 en sy het dit beskryf as ‘n fantastiese gevoel.
Lees ook: The winners of Krugersdorp/ Randfontein Pageants 2021 are …
“Ek het ingeskryf omdat daar soveel dinge is wat jy nie net oor jouself leer nie, maar ook oor kommunikasievaardighede en leierskap.”
Met die titel agter haar naam is dit vir haar soveel makliker om groter geleenthede vir Randfontein te skep.
“Baie mense dink goed soos kos uitdeel en fondsinsamelings word gedoen om ‘n verandering te maak in iemand se lewe, maar dit is nie noodwendig altyd so nie.
Ek is elke maand ‘n dag by Wings Of Inspiration Elderly Care Centre om tyd saam met die oumense deur te bring en bingo te speel, want dit kan ‘n groot verandering maak in hulle lewe om te weet dat mense bereid is om ‘n dag saam met hulle te geniet, en dat daar mense is wat omgee vir hulle.”
Judy het vertel dat sy vir die afgelope vier jaar aan modelkompetisies deelneem, en het reeds verskeie titels verwerf:
• Mej Junior Randfontein 2de Prinses 2020
• Miss Senior Harlequins 2019
• Miss Prime Star 1ste Prinses 2021
• Oxygen Models Debutant 2020 en 2021
• Oxygen Models Runway Senior Queen 2020
• Miss Helping Hands 2021

• Miss Randfontein Charity 2021
• Miss Randfontein Photogenic 2021
• Miss Randfontein Best Dressed 2021
• Miss Randfontein Best Ramp 2021
• Miss Randfontein Public Choice 2021
• Oxygen Models Beauty Queen First Princess
• Mej Riebeeckrand Debutant 2019
Sy het verduidelik dat haar verantwoordelikheid as Mej Randfontein is om die mense in haar dorp te help en om haar dorp ‘n beter plek te maak.
My boodskap vir ander mense, veral vir meisies, is dat jy jou drome moet volg. Jy kan enigiets in die lewe bereik as jy hard daarvoor werk. ‘n Vers wat my deur my journey gedra het was Filippense 4:13, ‘Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee’,” het sy vertel.



