Local newsNews

Help paartjie om hul droomtroue te kry

As gevolg van klippe wat in hul pad gerol word wag Tersia Putter en Charl van der Merwe al nege jaar om te kan trou.

Daar was reeds nege jaar gelede ‘n bos rose en die mooiste ring, maar weens omstandighede buite hul beheer het ‘n plaaslike paartjie nog nie tot trou gekom nie.

Tersia Putter, 31 en Charl van der Merwe, 31 het 11 jaar terug begin uitgaan en op 4 September 2014 het hy op sy een knie gestaan en sy beeldskone meisie gevra om met hom te trou. Hulle wil steeds trou, maar omstandighede maak dit vir hulle moeilik.

“In 2011 het my pa kanker gekry en ‘n maand nadat ons begin uitgaan het, op Charl se 21ste verjaarsdag, toe verloor ons my pa,” het sy vertel.

Dieselfde jaar in Desember is Charl se boetie in ‘n noodlottige motorfietsongeluk dood.

In ons eerste paar maande saam het ons klaar ons sewe sakke sout opgeëet. Al was dit in 2012 baie moeilik vir Charl om werk in Randfontein te kry het ons verhouding steeds sterk gestaan.”

Daar word gereeld vir hulle gevra wanneer hulle gaan trou, en hulle het besluit om in te skryf vir Makiti se Win a Wedding-kompetisie omdat die twee nog altyd daar wou trou.

Lees die volledige storie in volgende week se Herald (8 April).

Stem so vir Tersia en Charl:

Gaan na die skakel hier, klik op Tersia Putter en volg die nodige stappe:

Ons sê weereens baie dankie aan die Randfonteiners wat reeds vir ons gestem het; dit maak klaar vir ons ‘n groot verskil om te sien dat ons as dorp kan saamstaan en mekaar ondersteun,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button