Local newsNews
VLU Ridderspore-aandtak maak mooi kunsstukke op blokkiesmateriaal
Al die dames het die aand baie geniet en is trots op hul werk.
Die dames van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Ridderspore-aandtak het tydens hul maandelikse vergadering op Donderdag, 7 April geleer om kruissteek op Gingham-materiaal te maak.
Jarika Crous het die dames mooi gewys hoe om die steke op die materiaal te maak.
Skakelbeampte Elsie Krouwkamp het vertel dat jy met wit gare begin en kruissteke maak.
Daarna word die patroon met verskeie borduursteke opgevul om ‘n mooi en unieke kunsvorm te skep,” het Elsie vertel.
Sy het gesĂȘ dat al die dames die aand baie geniet het en trots is op hul kunsstukke.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



