Local newsNews

Little Mr Randfontein wil die skou terughê

'Vir die Randfontein-gemeenskap wil ek sê kom ons hou op kla, rol moue op, pak kaste uit en doen ons deel om Randfontein ‘n beter plek vir almal te maak.'

Die sewejarige Stefan Pretorius is onlangs as Little Mr Randfontein tydens die Krugersdorp/ Randfontein Pageants se jaarlikse kompetisie gekroon.

Lees ook: The winners of Krugersdorp/ Randfontein Pageants 2021 are …

Stefan, ‘n Graad 1-leerder by Laerskool Randfontein het vertel dat dit baie lekker voel om te wen. Vir hom was dit baie spesiaal want hy het soos ‘n celeb gevoel.

Hy het ook al aan Mnr Rammie deelgeneem.

Ek het besluit om in te skryf vir die kompetisie om ander te help, veral om vir kinders ‘n rolmodel te wees. Ek wil ons dorp help om ‘n beter plek te word, en ook ‘n motivering doen dat die skou moet terugkom. My mamma het vir my die voorbeeld gestel,” het Stefan vertel.

Hy beplan om vanjaar te help om die dorp skoon te kry en fondse in te samel vir siek kinders.

Stefan Pretorius is onlangs gekroon as Little Mr Randfontein. Foto: Jaco Bothma.

Hy doen graag skenkings aan verskeie plekke soos Wings of Inspiration en Randpoort Renaissance, maar sy fokus is om fondse in te samel vir ‘n siek dogter in sy skool.

“As Little Mr Randfontein is dit my verantwoordelikheid om ‘n voorbeeld en rolmodel te wees vir ander kinders, en minderbevooregtes te help waar moontlik.

Vir die Randfontein-gemeenskap wil ek sê kom ons hou op kla, rol moue op, pak kaste uit en doen ons deel om Randfontein ‘n beter plek vir almal te maak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button