Luan Maartens, Megan Erasmus en Brandon Krog met hul lekkers. Foto: Michelle Roodt.
Die koue weer het glad nie Betesda Bedieninge gekeer om steeds ‘n heerlike markdag binnehuis te hou nie.
Die gemeente het op Saterdag, 9 April hul Paasfees Mark gehou en daar was oorgenoeg om na te kyk en te koop. Die aanloklike geur van warm pannekoeke het die gebou gevul en daar was ‘n groot verskeidenheid produkte beskikbaar, soos kussings, klere, handgemaakde juwele en die mooiste kerse.
Organiseerder van die mark, Juanita Coetzee het vertel dat die mark gehou is om fondse in te samel vir herstelwerk aan hul kerkgebou.
Ek dink die markdag het heel goed verloop, en ten spyte van die koue was daar meer mense as by die een wat in Maart gehou is.”
Volgens Juanita word die markdag een keer per maand gehou maar hulle oorweeg dit om dit later vanjaar twee keer per maand aan te bied.
Moet nie Betesda Bedieninge se volgende markdag misloop wat op Saterdag, 7 Mei gehou gaan word nie.
Sommige van die pragtige juwele wat by die markdag te koop was. Foto: Michelle Roodt.Van die pragtige items wat beskikbaar was. Foto: Michelle Roodt.Gerdine Stoltz, Esna Claasen, Charlotte de Lange en Yolandè Scholtz. Foto: Michelle Roodt.Adi Benecke en Denese De Agrella. Foto: Michelle Roodt.Danè Benecke met ‘n oulike help. Foto: Michelle Roodt.Die kersetafel het heerlik geruik. Foto: Michelle Roodt.Cindy Claasens en Titiana Martins. Foto: Michelle Roodt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.