Nilo Cato en Sbusiso Khymalo. Foto: Michelle Roodt.
Die skooldag het vir die leerders van Ramkriekies Kleuterskool op ‘n hoë noot begin toe die Brandweer en die Paashaas by hulle besoek afgelê het.
Dit het die kleuters se dag gemaak so net voor die Paasnaweek.
‘n Onderwyser by die kleuterskool, Annalie Grobbelaar het vertel dat Glen Wilken van Firematic Krugersdorp al die pad van Boksburg af gekom het om die kleuters te leer oor brande en noodnommers wat geskakel kan word.
Joshua-Malan en Eliah Bosman met hul brandweerhoede op. Foto: Michelle Roodt.
Daar is vir hulle gewys hoe hoog die water uit ‘n brandslang kan spuit, en juffrou Lee-Ann Nel het ‘n beurt gekry om die brandslang vas te hou.
Die Paashaas het Paaseiers vir die kleuters uitgedeel en vir hulle van die regte rede vir Paasfees vertel.”
Die Paashaas het ook ‘n draai by Laerskool Randfontein se Graad 1’s gemaak. Hulle kon saam met hom foto’s neem en het ook Paaseiers ontvang.
“Ons wil baie dankie sê aan Glen Wilken asook Jacques O’Rielly, die eienaar van die brandweerwa, vir hierdie spesiale geleentheid,” het Annalie gesê.
Dylan Parrott saam met die Paashaas. Foto: Michelle Roodt.Angelique Engelbrecht met ‘n klomp Paaseiers gekry. Foto: Michelle Roodt.Liya Kalimashe voor die brandweerwa. Foto: Michelle Roodt.Megan Reid met ‘n brandweerhoed op. Foto: Michelle Roodt.Glen Wilken en Andries van Vollenhoven. Foto: Michelle Roodt.Joshua Roberts, Wouter Basson, Mia Heunis, Andries van Vollenhoven en Annalie Grobbelaar. Foto: Michelle Roodt.Die kleuters was baie opgewonde om die brandweerwa te sien. Foto: Michelle Roodt.Juffrou Lee-Ann Nel kry ‘n kans om die brandslang vas te hou. Foto: Michelle Roodt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.