Adri van Niekerk wys een van die engeltjies wat sy gemaak het. Foto: Michelle Roodt.
Die Vrouelandbou-unie Middelvlei-tak het ‘n gesellige byeenkoms gehou by die lieflike Menûchân Koffiewinkel in Elandsvlei waar hulle eers ‘n smaaklike ligte ontbyt geniet het, en toe geleer het hoe boeke gebruik kan word om die pragtigste versierings te maak.
Ria Herbst, voorsitter van die Middelvlei-tak het vertel dat Adri van Niekerk, die Witwatersrand Streeksvoorsitter die dames op Dinsdag, 12 April besoek het om hulle te wys hoe om proteas, engeltjies en kersbome uit ou boeke te vou.
Adri het ons ook meer vertel van ons fondsinsamelingsprojek vir die streek, en dat die streek begin het met ‘n uitreikprojek om vir behoeftige dogters by die skole sanitêre doekies te voorsien,” het Ria vertel.
Al die dames wat die byeenkoms bygewoon het, het dit vreeslik geniet en tussen die gevou van blaaie deur is daar gelag omdat party se boeke dikker was as ander, wat hulle langer aan die vou gehou het.
Elaine de Koker hard besig om te konsentreer. Foto: Michelle Roodt.Lettie Bosman vou sommer spoedig haar blaaie. Foto: Michelle Roodt.Ria Herbst besig met haar boek. Foto: Michelle Roodt.Judy Wagner is trots op haar werk sover. Foto: Michelle Roodt.Elsie Krouwcamp is lekker aan die gang met haar boek. Foto: Michelle Roodt.Sommige van die voorbeelde van wat gevou kan word met ou boeke. Foto: Michelle Roodt.Adri van Niekerk spreek die die dames toe. Foto: Michelle Roodt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.