Local newsNews

VLU-vroue kan nou goeie foto’s neem

Twee fotografiespesialiste het die dames besoek om hulle te leer oor dié wonderlike kuns.

Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Ridderspore-aandtak het hul maandelikse vergadering op Donderdag 5 Mei gehou.

Twee fotografiespesialiste het die dames toegespreek.

Skakelbeampte Elsie Krouwkamp het vertel dat Casper le Roux en Deon Schoeman hulle vertel het van die basiese beginsels van fotografie tot redelik gevorderde tegnieke.

Die twee jong manne se aanbieding was professioneel dog met humor, hoewel hulle soms ernstige feite ter stawing gebruik het. Hul kennis van hul vakgebied was verstommend maar deur deeglike verduidelikings kon almal die basiese beginsels van goeie fotografie bemeester,” het sy gesê.

Volgens Elsie behoort al die dames nou hul kosbare herinneringe vir ewig te kan bewaar, en hulle sal beslis dié twee manne nader vir ‘n opvolgkursus.

“Hiermee sê ons dankie aan Casper en Deon vir hulle tyd en moeite.”

Deon Schoeman praat met die dames. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button