Local newsNews

Bekende prokureur oorlede

'n Bekende prokureur van Randfontein, Christo Oosthuizen, is in die ouderdom van 75 jaar oorlede.

‘n Bekende prokureur van Randfontein, Christo Oosthuizen is op 10 Mei op 75-jarige ouderdom oorlede.

Sy vrou, Martina, het vir die Herald gesê haar man se dood is vermoedelik deur ’n pulmonale embolus (bloedklont in die long) veroorsaak.

Christo het tot en met 2008 by Truter Crous en Wiggill gewerk, waarna hy aan die einde van Augustus 2009 sy eie firma, Van Wyk Oosthuizen saam met Andries van Wyk, ‘n vorige kollega by Truter Crous en Wiggill gestig het.

Die firma gaan steeds voort onder leiding van sy vennoot Johan Smit.”

Hy word oorleef deur Martina, hul drie seuns Sats, Paul, en Chris en hul vroue, asook vier kleindogters. Sy troosdiens is op Donderdag, 12 Mei by die Randfontein-Noord Gemeente gehou.

Die Herald dra hiermee ons innige simpatie aan die familie oor in hierdie moeilike tyd.

Lees die Herald se 3 Junie-uitgawe vir ‘n vollediger berig oor Oosthuizen.

Frans le Grange, Christo Oosthuizen, dr Okkie Dipper en Johan Kruger. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button