Local newsNews

BackaBuddy en help so vir Leonard

Die 49-jarige Leonard Piek is in April verlede jaar met onstabiele angina gediagnoseer wat volgens sy vrou Charmaine beteken dat hy aan hartversaking ly. Hy ly ook aan lewerversaking.

‘n Inwoner van Randfontein wat aan ‘n ernstige siekte ly het die gemeenskap se hulp nodig.

Die 49-jarige Leonard Piek is in April verlede jaar met onstabiele angina gediagnoseer wat volgens sy vrou Charmaine beteken dat hy aan hartversaking ly. Hy ly ook aan lewerversaking.

Charmaine het vertel dat haar man se hart tans slegs 14% funksioneer en dat Leonard stents of ‘n pasaangeër moet kry. Hul het egter nie ‘n mediese fonds nie. Leonard is so swak dat hy nie eers uit die bed kan klim nie en sy vrou het tans nie werk nie.

Hy ervaar erge pyn en hy kan nie eet, slaap of loop nie en is bedlêend,” het sy vertel.

Leonard het ook baie gewig verloor. Hy het voorheen 110kg geweeg, en weeg nou 80kg.

Hulle vra skenkings sodat ‘n privaatdokter hom in ‘n privaathospitaal kan behandel. Hulle het bereken dat hulle nagenoeg R500 000 nodig het om al die gepaardgaande koste te dek sodat hy weer soos voorheen met sy lewe kan voortgaan.

Dit sal die wêreld vir ons beteken as hy die hulp en sorg kan kry. As enige iemand ‘n donasie kan maak sal dit waardeer word, maak nie saak hoe groot of klein nie, elke bietjie help. Help ons asseblief om sy lewe te red.”

Besoek Leoard se BackaBuddy-blad by https://www.backabuddy.co.za/leonard-piek.

Vir meer inligting skakel Charmaine by 074 337 3291.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button