Paartjie onder top 5 van Makiti Win a Wedding!
Dit sal vir hulle die wêreld beteken om die kompetisie te wen.
‘n Paartjie van Randgate wat graag hul droomtroue wil hê waarvoor hulle al vyf jaar wag is onder die top vyf-finaliste in die Makiti Win a Wedding-kompetisie.
Sharmone Conradie en Wessel van Staden, albei 28, is in die onderwys en het in 2017 verloof geraak. Met al die dinge wat heeltyd in die pad kom kon hulle nog nie hul droomtroue hou nie.
Lees ook: Makiti Win a Wedding: ‘Ons wil graag die kompetisie wen’
Hul het gevolglik vir ‘Makiti Win a Wedding‘ ingeskryf met die hoop dat hulle hul droomtroue kan wen sodat Sharmone uiteindelik ook ‘n Van Staden kan wees.
“Ons is geseënd om deur te wees na die finale rondte en ook dankbaar teenoor Makiti wat die geleentheid vir ons gebied het. Ons het ongelooflik baie ondersteuning ontvang; dankie aan almal wat ons gehelp het om tot hier te kom,” het Sharmone vertel.
Dit sal vir ons die wêreld beteken om die kompetisie te wen. Dit sal ook beteken dat ek uiteindelik dieselfde van as die res van my gesin sal hê. Dis iets waarvoor ek al so lank wag.”
Volg die volgede skakel om vir hulle te stem:
https://m.facebook.com/watch/?v=730505161733591&ref=sharing
‘Like’ dan die video en ‘comment’ #Conradie.
Die kompetisie sluit om middernag op Donderdag, 16 Junie.



