Local newsNews

Skrywer wil vroue oortuig dat hulle goed genoeg is

Sy het haar boek Voetstoots in 2013 na 'n groot hartseer geskryf.

‘n Plaaslike inwoner het ‘n boek geskryf om vroue te inspireer wat voel dat hul nie goed genoeg is nie en wat misgekyk word.

Die 37-jarige Rolanda le Roux het haar boek Voetstoots in 2013 geskryf maar kon nie die gevoel afskud dat sy onwaardig is nie.

“Ek het die hele tyd vir die Here gesê hy kan my nie gebruik nie, maar die Here het aanhou klop en vir my gewys hy het my gekies om die geloofstree saam met hom te neem want hy wou my gebruik. Hier sit ons vandag met ‘n gedrukte boek.”

Sy het besluit om die boek te skryf as gevolg van ‘n groot seer … haar seun net nege dae geleef en sy het baie vrae gehad.

Ek het vrae gehad soos of die Here my sien, wie is ek, hoekom neem niemand my ernstig op nie, was daar ‘n rede vir my bestaan, en wat is my doel. Soos wat ek met vroue gesels word dit duidelik dat daar meer as een is wat tweedebeste voel en nie na waarde geskat word nie.”

Rolanda glo dat die wêreld ‘n vrou nie goed genoeg oor haarself laat voel nie daarom wil sy vroue laat weet dat die Here sê kom net soos jy is. Jy is sy eerste keuse en deel van sy plan.

“Die doel van die boek is dat vroue met ‘n nuwe vrymoedigheid opstaan en nie meer toelaat dat die samelewing hulle weeg nie, want die Here aanvaar haar nes sy is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button