Local newsNews

Bejaardes sit aan by ‘n tafel van 38,4 meter lank

Hulle het 18 kleiner tafels teen mekaar geskuif om 'n lang tafel van 38,4 meter te vorm, en daag die dorp uit om hul langtafelrekord te verbeter.

Die inwoners van Vriendskaptuiste is onlangs bederf met ‘n Langtafelete waartydens hulle lekker geëet en gekuier het.

Organiseerder Dalena Botha het vertel dat die ete op Saterdag 11 Junie aangebied is. Hulle het 18 kleiner tafels teen mekaar geskuif om ‘n lang tafel van 38,4 meter te vorm.

Covid het ‘n ontwrigtende uitwerking op die inwoners van Vriendskaptuiste gehad en geen funksies kon tot dusver aangebied word nie. Almal het dus uitgesien na ons eerste funksie in twee jaar!” het Dalena vertel.

Hierdie langtafelete is buite vir die inwoners aangebied en almal het sop, brood, sjerrie, koffie en tee op dié heerlike en sonnige wintersmiddag geniet.

Die inwoners van Vriendskaptuiste daag ander instansies in die dorp uit om hul langtafelrekord te verbeter.

Rita Jacobs en Betty Duma by die heerlike brode wat bedien was. Foto ingestuur.
Die lang tafel is feestelik gedek. Foto ingestuur.
Talle inwoners van Vriendskaptuiste het die langtafelete geniet. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button