Local newsNews

Sebastian vereer by dagblad-toekennings

Plaaslike 12-jarige wen groot by 2022 Mail & Guardian 200 Young South Africans Awards.

Op net 12-jarige ouderdom kan Sebastian Pretorius trots wees dat al sy harde werk raakgesien word.

Hy is op Donderdag, 30 Junie tydens die 2022 Mail & Guardian 200 Young South Africans Awards Ceremony by die Markteater in Newtown aangewys as die jongste ontvanger van die toekenning in die Onderwys-kategorie.

Sy ma Leonie Pretorius het verduidelik dat die Mail en Guardian vir die afgelope 17 jaar elke jaar die Top 200 Suid-Afrikaanse jongmense tussen die ouderdomme van 18 tot 35 aanwys wat hulle beskou as toekomstige leiers. Sebastian het egter reeds op 12 die lys gehaal nadat sy koderingsfasiteerder hom genomineer het.

Hy is ‘n wenner in die Onderwys-kategorie vir sy bydrae tot die ontwikkelings van onderwystoepassings. Hy is genooi om ‘n promosietoer by ‘n paar skole te doen om kinders te motiveer. Ons is ongelooflik trots op hom.”

Sebastian het vertel dat hy uit die veld geslaan is deur die toekenning, maar dat hy ongelooflik geƫerd en dankbaar voel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button