Local newsNews
Rugbyklub nooi almal om te help stadion skoonmaak
Dit vind op Saterdag 9 Julie om 08:00 plaas.
Kom maak hierdie naweek saam met die Randfontein Rugbyklub ‘n verskil in die dorp.
Klubbestuurder Lulu Kleyn het vertel dat die Randfontein Rugbyklub al hul spelers en mede-Randfonteiners uitnooi om te kom help om die Greenhills Stadion en omgewing skoon te maak.
Die skoonmaaksessie vind op Saterdag 9 Julie om 08:00 plaas.

Daar word gevra dat mense randsnyers, swartsakke, harke en enige ander skoonmaak-/ tuingereedskap saambring.
Vir verdere inligting kontak Lulu by 071 678 0745.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



