Local newsNews

Lisensiekantoor gesluit weens ‘tekort aan spesiale papier’

Motoreienaars word nou gedwing om met vervalde lisensies te ry weens die munisipaliteit se wanbetaling, sê VF Plus-raadslid.

Randfontein se lisensiekantoor is tans weer gesluit weens ‘n tekort aan spesiale papier om motorvoertuiglisensies uit te reik.

Volgens Fred Steffers, VF Plus-raadslid: Rand West City Plaaslike Munisipaliteit het hulle die burgemeester van dié plaaslike munisipaliteit (Randfontein en Westonaria), Gladys Khoza, versoek om die betalingsooreenkoms tussen die munisipaliteit en die Gautengse departement van vervoer na te kom om te voorkom dat ‘n tekort aan spesiale papier in Randfontein se lisensiekantoor ontstaan.

“Dié kantoor is tans weer gesluit omdat die munisipaliteit nie sy ooreenkoms nakom om alle geld wat ontvang word vir die uitreiking van voertuiglisensies, aan die departement oor te betaal nie. In die verlede kon Rand West City-munisipaliteit, wat as agent vir die departement optree, 20% van die inkomste hou.

Die munisipaliteit het egter gereeld die ooreenkoms verbreek en nie die geld aan die departement betaal nie. ‘n Nuwe ooreenkoms is tussen die onderskeie partye gesluit, maar die munisipaliteit het ook nie dié ooreenkoms eerbiedig nie.

“Weens die munisipaliteit se wanbetaling word motoreienaars gedwing om met vervalde lisensies te ry, motorhandelaars se verkoopstransakies word vertraag, personeel van die lisensiekantoor kan nie werk nie en die uitreiking van lisensies hoop op.”

Steffers het bygevoeg dat die regerende party se wanbestuur veroorsaak dat die munisipaliteit finansieel verder agteruitgaan ten koste van die inwoners en dienslewering.

“Die inwoners van Rand West City verdien beter as die ANC.”

Die Herald het die munisipaliteit genader vir kommentaar en ons wag vir hul terugvoering.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button